The Courier Guy Bloemhofdam Bonanza 2024

VERWELKOMING EN VOORWOORD

Welkom aan al ons hengelaars en borge by die 23ste jaarlikse Bloemhofdam Bonanza! Dit is ongelooflik om te dink dat soveel jare verby is sedert ons in die jaar 2000 die eerste Bloemhofdam Bonanza aangebied het.

Namens Eco-Care Trust ‘n hartlike dank aan ons hengelaars, borge en beamptes vir soveel jare se getroue ondersteuning en betrokkenheid.

Laasjaar kon ons weens die afwesigheid van ‘n naamregborg nie die tradisionele Bloemhofdam Bonanza aanbied nie. Ons het wel op aandrang van ons hengelaars en in samewerking met die plaaslike gemeenskap ‘n Social Bloemhofdam Bonanza aangebied.

Ons het sedert die Covidjare die hengelreëls aangepas om die wenners van die Bonanzas eerder op ‘n meetstelsel as die tradisionele weegstelsel te bepaal. Dit verg ‘n kopskuif van ons deelnemers. Daar is talle voordele waarom ons na die meetstelsel beweeg het. Ons het tegnologies aanbeweeg sodat elke deelnemer nou ‘n Leaderbord op sy foon het waar hy kan sien of hy nodig het om sy vislengte te registreer. Dit is dus nie nodig vir die oorgrote meerderheid van deelnemers om tydens elke inweegsessie by die inweeg met ‘n sak vis in ‘n tou te gaan staan nie! Daar is nie hope vis om af te voer voordat dit vrot word nie. Dit beteken dat ons deelnemers meer hengeltyd het en nie in toue hoef te gaan staan vir ‘n inweeg nie!   Op die einde van die dag is dit net ‘n ander wyse om ‘n wenner te bepaal.

Ons fokus is vanjaar op karp in plek van babers vir die pryse. Die rede hiervoor is om die speelveld tussen deelnemers meer gelyk te maak. Op lengte van ‘n karp het elke deelnemer ‘n gelyke kans om te wen. Babers is ‘n spesialiteitspesie wat nie almal so goed kan vang nie.

Die gewilde Best Dress kompetisie is weer deel van vanjaar se Bonanza. Ons hoop dat julle die uitdaging gaan aanneem!

Ons het vanjaar ook ‘n groter fokus op die gelukkige trekkings. Dit gee elke deelnemer ‘n kans, al het hy nie die wenvisse gevang, om steeds met ‘n lekker prys huistoe te gaan. Die trekking word per hand uit die Luckydraw drom gedoen.

Vanjaar se Bloemhofdam Bonanza word vanaf die oewers by Noordwes en Verlatenkraal en vanaf bote gedoen. Ons kon ongelukkig nie die oewers van Sandveld bekom nie.

Eco-Care Trust is an NGO established in 1995 to look after our angling waters. We have several projects like the aquatic monitoring, Eco-clean (keep the dam clean) and removal of unlawful gill nets. We also engage on national and provincial level with government to promote the conservation of our angling waters. All proceeds of this tournament are ploughed back into our projects.

Ons hengelkaartjiepryse is verlaag om ons hengelaars tegemoet te kom. In ag genome die pryse wat gewen kan word, en die hengelkaartjiepryse, is daar nie enige ander hengeltoernooi wat by die Bloemhofdam Bonanza kan kers vashou nie.

A hearty welcome to our new naming right sponsor, The Courier Guy! Thanks to a commitment from The Courier Guy, it is possible to continue with our traditional Bloemhofdam Bonanza this year! We trust that this will, as the case was with our previous naming right sponsors, be a commitment for several years to come! We also want to thank all our other sponsors who made this year’s Bloemhofdam Bonanza possible!

 ’n Spesiale dankie aan Mitchell vir die pragtige hengelgereipryse, Mega Theron Group vir die kontantbaberprys, Gys Pitzer Motors die kontantprys vir die Best Dress kompetisie, en ou staatmakers soos, Loukies Baitboats, Elegant Fuel en Kosh Marine! Dankie ook aan Die Oewerhengelaar en Stywe Lyne ons media-vennote Ons deelnemers het nou al gewoond geraak aan TAU Rollermeule se lekker Wabona papmeel wat ook in elke goodybag te vinde is. Laastens dankie aan Double X vislyn se goodybagborgskap! 

Vriende en vreemdelinge van regoor Suid-Afrika is weer by die Bloemhofdam Bonanza om vis te vang. Mag die visse baie wees en blywende vriendskappe bevestig en gesmee word! 

Hooforganiseerder: Eco-Care Trust
 


 

Message from the Naming Rights Sponsor

It is with great excitement that we announce The Courier Guy has come on board to deliver The Courier Guy Bloemhofdam Bonanza 2024.

“As South Africa’s leading courier we have a footprint all over the country – including Bloemhof – and it’s with great joy that we sponsor this event, which is a mainstay amongst anglers from all over the country,” said Craig Pitchers, CEO of The Courier Guy. 

The Courier Guy has, through the years, become the trusted and preferred courier delivering your parcels quickly and safely throughout South Africa.

With our roots firmly anchored in conservation The Courier Guy is supporting the Eco-Care Trust fully in its endeavours to conserve our freshwater aquatic ecosystems.

With your continued support we believe we can continue to grow this event from strength to strength!

The Bloemhofdam Bonanza has grown to become much more than just a fishing competition. For many anglers and families this event represents how they spend their annual holiday and, with so many reasons to be involved, why would you want to miss out?

With thousands of rands in cash prizes courtesy of The Courier Guy and other sponsors, we wish each of you the best of success and tight lines!

Naming Right Sponsor: The Courier Guy


 

PROSEDURE OM IN TE SKRYF VIR BONANZA


• Kyk op webwerf www.bloemhofbonanza.com vir die online link. 
• Volg die prosedure op die online link.
• Jy koop jou luckydraw kaartjies ook aanlyn waar jy geregistreer het. 
• Aanlyn Registrasie maak op 15 Maart oop tot 24 April 2022. Na 24 April 2022 kan besprekings telefonies of by hekke gedoen word. 


 


 

VISSERS VIR JESUS


Die organiseerders wens hiermee Christen hengelaars te nooi om deel te wees van ‘n groep hengelaars wat bekend staan as Vissers vir Jesus by die Bloemhofdam Bonanza. Die gedagte spruit voort uit ‘n wonderlike preek wat Ds. Frans van Niekerk by ‘n vorige Vaaldam Bonanza gepreek het oor die dissipels van Jesus wat ook vissers was. Die gedagte is om deelnemers wat Christene is uit te nooi om op ‘n sigbare wyse hulle Christenskap te verkondig. Skakel Johan Stoop (084 660 1029) vir meer inligting. 

Vissers vir Jesus het spesiale houers by die hekke waar hengelaars hengelgereedskap, kos of klere kan skenk aan minder gegoede mense.


 


 

ECO CARE WATER IS LEWE WENNERS KLUB


Die huidige stand van die politieke -, finansiële -, sosiale – en morele status in Suid-Afrika vereis dat die inwoners van hierdie land kragte saamsnoer en betrokke raak as gemeenskappe om die negatiewe in die land reg te stel.  Verandering sal nie deur kla en kerm maar deur toegewyde aksies deur verantwoordelike burgers teweeg gebring word.  

Die buitengewone omstandighede in hierdie pragtige land verg buitengewone optrede van verantwoordelike mense om die vervalle omstandighede te verander.  Dit sal ‘n holistiese benadering verg op alle terreine van die samelewing om‘n verskil te maak.  Die toepassing van die grondbeginsels van volhoubare gebruik van alle hulpmiddele is noodsaaklik tesame met ‘n verandering in die gesindheid van die inwoners.  Die grondbeginsel van ‘n gesonde liggaam huisves ‘n gesonde gees is die vertrekpunt van die voorstel deur Eco Care Trust om Suid Afrika weer terug op die wenpad te plaas.  

Die voorstel behels die vestiging van ‘n Water Is Lewe Wenners Klub waardeur projekte en bewusmakingsveldtogte gedoen word om die effektiewe gebruik van water, elektrisiteit, energie, paaie, infrastruktuur, skole, gesondheidsdienste.  Hierdie tegniese aspekte moet egter saam met geestelike aspekte deur die Vissers vir Jesus projek aangespreek word.  Die klub sal op ‘n nie-winsgewende basis bedryf word en alle inkomste sal vir projekte aangewend word

Beskrywing

Die volgende aspekte sal in die program gedek word:

 

  • Watergebruik
  • Bekamping van besoedeling
  • Elektisiteitsgebruik
  • Brandstofgebruik
  • Gesondheid
  • Geestelike gesondheid deur die “Vissers vir Jesus” projek
  • Onderrig, lering sowel as vaardigheidsontwikkeling wat ‘n innoverende studie metode asook taalvaardigheids ontwikkeling sal insluit 
  • Bewusmakingsveldtogte deur kompetisies
  • Gereelde hengelkompetisies
  • Besparings op aankope by verskeie kleinhandelaars
  • Ontwikkeling van gemeenskapprojekte
  • Bevordering van padveiligheid

Bogenoemde aktiwiteite sal ‘n wesenlike invloed op die omgewing hê en sal die huidige asook toekomstige lewenskwaliteit verander deur ‘n gesonder en skoner omgewing saam met die verbetering van verhoudings tussen die multikulturele bevolking van die land.

Implementering

Eco Care Trust sal die Water Is Lewe Klub stig en administreer.  Die lidmaatskap sal R200/jaar/individu en R350/jaar/huisgesin bedra.  Hierdeur sal huisgesinne ‘n besparing van R1500 tot R2500 per maand kan behaal. Besoek ons webbladsy www.ecocaretrust.co.za om meeer besonderhede.
 


 


 

  
WANT TO BE A SPONSOR?


Do your company want to become a valued sponsor at our Bonanza, or do you know of any sponsor who possibly wishes to become involved? Contact Bernard Venter 083 444 2790 for more info.
 


 

APPEAL BOARD

An Appeal Board consisting of experts will the final adjudicators on any matter which needs to be adjudicated concerning the event. 
 


 

VRYWARING

Ek aanvaar dat die organiseerders en / of borge van hierdie kompetisie geen
verantwoordelikheid aanvaar vir enige gebeurlikheid wat uit die kompetisie mag voortspruit nie. My deelname geskied op eie risiko en ek kan geen eis teen die organiseerders en / of borge instel nie.

 

 

Thank You to all Our Sponsors



© Copyright Bloemhof Bonanza 2024. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of Bloemhof Bonanza.